Hartsbegeertes

HARTSBEGEERTES is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse film wat vertolk word in Afrikaans. Dit handel oor alledaagse gebeure en omstandighede met die oog op twee families en hulle worstelstryd met die lewe en die doel van dinge. Deur die twee hoof karakters, Pieter (Renier Weideman) en James (Jacques Gombault) se lewens, word die realiteit van omstandighede op `n menslike wyse uitgebeeld. Hulle vind hoop, liefde en die groter doel van alles, te midde van die donkerste oomblikke.
James is `n baie suksesvolle besigheidseienaar, maar met al sy rykdom tot sy beskikking, kan hy nie sy vrou help wat gediagnoseer is met kanker nie. Hierdie omstandighede dwing hom om `n ander uitkyk op die lewe te vorm. Pieter, is ‘n finansiele adviseur. Hy probeer `n bestaan maak en ook terselfdertyd sy skoonpa help. Pieter se lewe is besig om inmekaar te tuimel en niks werk vir hom uit nie. Sy vertroue dat daar `n groter plan is met sy lewe gee hom krag en moed om voort te gaan. Soos alle mense sit hy maar `n “masker” op om voor te gee alles is reg. Die eienaar van `n groot firma sien potensiaal in Pieter en bied vir hom `n werksgeleentheid aan wat baie deure oopmaak vir sy toekoms. Deur sy omstandighede besef hy wat dit is om ware vreugde ten spyte van sy omstandighede te vind en wat ware sukses behels.

HARTSBEGEERTES deals with every day circumstances with the focus on two families and their struggles with life and its greater purpose. Through the lives of the two main characters, Pieter (Renier Weideman) and James (Jacques Gombault), the reality of life’s circumstances are being sketched. In their darkest hour they discover hope, love and a greater purpose in life.